Namibiese volksmoord 1904-1908

Krygsgevangene Nama en Herero in 1904
Kaart van die militêre optrede en kampe van die opstandelinge in 1904

Die Namibiese volksmoord 1904 word beskou as die eerste volksmoord van die 20ste eeu.[1][2] Dit het plaasgevind in Duits-Suidwes-Afrika (hedendaagse Namibië) van 1904 tot 1907 gedurende die sogenaamde Wedloop om Afrika. Op 12 Januarie 1904 het die Herero's onder Samuel Maharero in opstand gekom teen die Duitse koloniale regering waarin Duitse setlaars ook gesterf het. In Augustus het die Duitse generaal Lothar von Trotha die Herero's in die Slag van Waterberg verslaan en hulle die woestyn van Omaheke ingedryf waar die meeste van hulle weens dors omgekom het. In Oktober het die Namas ook die wapen teen die Duitsers opgeneem en hulle het dieselfde lot as die Herero's oorgekom. In geheel is tussen 24 000 en 65 000 Herero's (geraam op 50% na 70% van die totale Hererobevolking) en 10 000 (50% van die totale Namabevolking) doodgemaak. Die volksmoord is gekenmerk deur wydverspreide dood deur hongersnood en die inname van water wat deur die Duitsers in die Namibwoestyn met gif behandel is.[3][4][5]

In 1985 het die Whitaker-verslag van die Verenigde Nasies Duitsland se poging tot die uitwissing van die Herero- en Namavolk van Suidwes-Afrika as een van die eerste volksmoorde van die 20ste eeu erken. Die Duitse regering het in 2004 amptelik vir die gebeure om verskoning gevra.[6] Op 10 Julie 2015 het die Duitse regering as regsopvolger van die Duitse Keiserryk die gebeure amptelik as volksmoord erken.[7] In Mei 2021 het die Duitse regering ingestem om oor 30 jaar € 1,1 miljard te betaal om projekte te finansier in gemeenskappe wat deur die volksmoord geraak is.[8]

  1. Levi, Neil; Rothberg, Michael (2003). The Holocaust: Theoretical Readings. Rutgers University Press. p. 465. ISBN 0-8135-3353-8.
  2. Mahmood Mamdani, When Victims Become Killers: Colonialism, Nativism, and the Genocide in Rwanda, Princeton University Press, Princeton, 2001, bl. 12
  3. Samuel Totten, William S. Parsons, Israel W. Charny, "Century of genocide: critical essays and eyewitness accounts", Routledge, 2004, bl. 51 [1]
  4. Marie-Aude Baronian, Stephan Besser, Yolande Jansen, "Diaspora and memory: figures of displacement in contemporary literature, arts and politics", Rodopi, 2007, bl. 33, [2]
  5. Dan Kroll, "Securing our water supply: protecting a vulnerable resource", PennWell Corp/University of Michigan Press, bl. 22, [3]
  6. "Germany admits Namibia genocide" (in Engels). BBC. 14 Augustus 2004. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Desember 2008. Besoek op 23 April 2008.
  7. (de) spiegel.de: Namibia-Massaker: Bundesregierung spricht von "Völkermord". Besoek op 11 Julie 2015.
  8. Oltermann, Philip (28 Mei 2021). "Germany agrees to pay Namibia €1.1bn over historical Herero-Nama genocide". the Guardian (in Engels). Besoek op 28 Mei 2021.{{cite web}}: AS1-onderhoud: url-status (link)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search